Europese Unie

Europese Unie
Vlag van Europa Kenteken van Europa
Vlag Kenteken
Nasionale leuse: Unita in Diversitate[1][2][3]
(Latyn vir: "In verskeidenheid verenig")
Volkslied: Europese volkslied[2]
(Afrikaans: "Lofsang aan die vreugde")
Ligging van Europa
Hoofstad Vlag van België Brussel (de facto)[4]

50°51′N 4°21′O / 50.850°N 4.350°O / 50.850; 4.350

Grootste stad Vlag van Frankryk Parys
Amptelike tale Bulgaars, Deens, Duits,
Engels, Estnies, Fins,
Frans, Grieks, Hongaars,
Italiaans, Iers, Kroaties,
Lets, Litaus, Maltees,
Nederlands, Pools, Portugees,
Roemeens, Slowaaks, Sloweens,
Spaans, Sweeds, Tsjeggies
Regering
• Europese Kommissie-president
• Europese Raad-president
Polities-ekonomiese unie
Ursula von der Leyen
Charles Michel
Onafhanklikheid

1 Januarie 1958
1 November 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
4 479 968[5] km2  (7de(a))
1 729 725 myl2
3,08
Bevolking
 - 2017-skatting
 - Digtheid
 
510 284 430[6] (3de(a))
113,9 / km2 (-)
295 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$20 745 miljard[7] (2de(a))
$40 610[7] (18de(a))

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$16 970 miljard[7] (2de(a))
$32 348[7] (15de(a))

MOI (2017) 0,874[8] (13de/29ste(a))  –  baie hoog
Gini (2015) 31[9](16de(a)) –  medium
Geldeenheid Euro (€); 9 ander (EUR; Eurosone)
Tydsone
 - Somertyd
WET, MET, OET(b) (UTC±0, +1, +2)
WEST, MEST, OEST (UTC+1, +2, +3)
Internet-TLD .eu(c)
Skakelkode +
(a) Indien beskou as 'n enkele entiteit.
(b) Uitsluitend oorsese gebiede.
(c) .eu verteenwoordig die hele EU; lidlande het ook hul eie TLDs.
Portaal Europa

Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is.

Spesiale gebiede van die lidlande van die Europese Unie:

   Europese Unie

   Afhanklike gebiede

   Oorsese gebiede

Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 510 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €14,9 ($17,0) biljoen in 2017.[7] Die Unie is ook 'n enkelmark[10] met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery-ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan.[11] Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 20 lede aanvaar is.

Burgers van EU-lidmaatlande is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidlande kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortbeheer by die grense van die meeste lidlande is deur die Schengen-ooreenkoms afgeskaf.[12] Die Verenigde Koninkryk het op 31 Januarie 2020 die eerste lidstaat geword wat die EU verlaat.[13]

Die hoofstede van die Europese Unie is Brussel in België, Luxemburg (stad) in Luxemburg en Straatsburg in Frankryk. Die Europese Unie het tans 24 amptelike tale.

  1. (en) Barnard, Catherine (Augustus 2007). The Substantive Law of the EU: The four freedoms (2 uitg.). Oxford University Press. p. 447. ISBN 978-0-19-929035-2.
  2. 2,0 2,1 (en) "United in diversity". Europa. Europese Kommissie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2012. Besoek op 20 Januarie 2010.
  3. (en) "European Parliament: The Legislative Observatory". Europa. Europese Kommissie. Besoek op 20 Januarie 2010.
  4. (en) "Brussels' EU capital role seen as irreversible". Euractiv.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2016. Besoek op 28 Oktober 2012.
  5. (en) "European Union". Central Intelligence Agency. 26 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020. Besoek op 1 Julie 2017.
  6. (en) "Eurostat – Population on 1 January 2016". Europese Kommissie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 1 Julie 2017.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 (en) "IMF World Economic Outlook Database, Oktober 2016". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 1 Julie 2017.
  8. Bereken volgens die UNDP-data vir die lidlande met geweegde bevolking.
  9. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income (source: SILC)". Eurostat Data Explorer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020. Besoek op 1 Julie 2017.
  10. (en) EUROPA: Activities of the European Union: Internal Market. europa.eu: Border-free Europe (single market)
  11. (en) papers.ssrn.com: EU and US Perspectives on China’s Compliance with Transparency, SSRN, deur Paolo Farah. Besoek op 25 Januarie 2007.
  12. Sien asb. (en) ec.europa.eu: Schengen: Europe without internal borders, Europa. (Laaste besoek 31 Mei 2012)
  13. (en) Rawlinson, Kevin; Topping, Alexandra; Murphy, Simon; Henley, Jon; Murray, Jessica; Freedland, Jonathan; Rawlinson, Kevin (1 Februarie 2020). "Brexit day: end of an era as United Kingdom leaves EU – as it happened-GB". The Guardian. ISSN 0261-3077. Besoek op 8 Junie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search